Bepalings vir Puk 16-reeks vir 2016
Die kampioen van die jaarlikse Pukke 16-reeks, Pionier van Vryheid sal sy aanslag in volgende jaar se reeks tuis teen Ferrum afskop. Pionier het Vryburg met 28-25 in die eindstryd geklop. Vryburg het in 2014 die kroon gedra.
Vryburg het vanjaar in die halfeindstryd van die Beeld Noordvaal Trofee vir Mediumskole teen Piet Potgieter (33-35) van Potgietersrus vasgeval. Die span behoort volgende jaar weer ‘n sterk aanspraakmaker op die titel van die Pukke 16-reeks te wees.
Pionier is saam met Ferrum, Piet Retief en Volksrust in Groep B geloot. In Groep A sal Pretoria-Noord, Stoffberg van Brakpan, Oosterland van Secunda en Delmas teen mekaar sake uitspook. Overvaal, Fochville, Bekker van Magaliesburg en Alberton High is saam in Groep C geloot.
Vryburg sal sake teen drie ander spanne vanuit die Noordwes – Schweizer-Reneke, Wolmaransstad en Schoonspruit van Klerksdorp sake in Groep D uitspook.
Die bepalings is:
27 Februarie 2016
Pretoria-Noord vs. Stoffberg
Delmas vs. Oosterland
Overvaal vs. Fochville
Bekker vs. Alberton High
Volksrust vs. Piet Retief
Pionier vs. Ferrum
Schoonspruit vs. Vryburg
Schweizer-Reneke vs. Wolmaransstad
5 Maart 2016
Oosterland vs. Stoffberg|
Pretoria-Noord vs. Delmas
Piet Retief vs. Pionier
Ferrum vs. Volksrust
Overvaal vs. Alberton High
Fochville vs. Bekker
Vryburg vs. Wolmaransstad
Schoonspruit vs. Schweizer-Reneke
12 Maart 2016
Stoffberg vs. Delmas
Oosterland vs. Pretoria-Noord
Pionier vs. Volksrust
Piet Retief vs. Ferrum
Bekker vs. Overvaal
Alberton High vs. Fochville
Schwiezer-Reneke vs. Vryburg
Wolmaransstad vs. Schoonspruit




