SuperSport Schools Plus

Bepalings vir die eerste dag van Oakdale se Rugbyweek bekend

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-02-27

Oakdale LandbouDie Hoër Landbouskool Oakdale se eerste rugbyspan sal vanjaar op die eerste dag van die skool se jaarlikse rugbyweek net buite Riversdal in die hoofwedstryd teen die Cherries van Grey-kollege te staan kom. 

Die Cherries sal wel meer ‘n tweede groep spelers van Grey-kollege as ‘n volwaardige tweede span wees, maar kan glad nie onderskat word nie. Die tweede en derde dag van die week se bepalings word na afloop van elke dag se spel bekend gemaak. 

Die vernaamste voorwedstryd van die eerste dag tussen Voortrekker van Bethlehem en St Charles College van Pietermaritzburg behoort ook ‘n interresante kragmeting te wees. St Charles College se Petrus du Plessis het twee jaar gelede nog die Trekkers se eerstespan gebrei. 

Daar sal ook vanjaar ‘n saamtrek vanuit die Noordwes wees. Nie minder as vyf skole vanuit die Luiperds sal vanjaar op die week in aksie wees. Hulle is Lichtenburg, Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Rustenburg, Hoërskool Klerksdorp en Wesvalia. 

Daar sal ook soos in die verlede ‘n Span van die Week na afloop van die week bekend gemaak word. Die span speel nie ‘n wedstryd nie, maar dit gee erkenning aan die spelers wat tydens die week die beste vertonings in hul posisie gelewer het. 

Die bepalings is: 

Eike-veld 

Hermanus vs Jeugland
Potchefstroom Gimnasium vs Duineveld
Lichtenburg vs Wilgerivier
Augsburg Gimnasium vs Montagu
Hoërskool Upington vs Wesvalia
Diamantveld vs Zwartkop
Hoërskool Klerksdorp vs Brandwag (Uitenhage)
Voortrekker (Bethlehem) vs St Charles College 
Oakdale Landbou vs Cherries (Grey College)

Populierbos-veld

De Aar vs Labori
Overberg vs Strand
Robertson vs Landboudal
Hoërskool Bellville vs Hoërskool Rustenburg
Langenhoven Gimnasium vs Oosterlig
Kempton Park vs Hugenote (Wellington)
Old Mutual Agri XV vs Bredasdorp

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.