Bepalings vir die 50ste Cravenweek
DIE enigste twee onoorwonne spanne van die Grant Khomo-week vir o.16-spanne in 2011, die Vrystaat en Oostelike Provinsie sal mekaar in die hoofwedstryde van die tweede dag van die Cravenweek-toernooi vir hoërskole later vanjaar pak. Die Cravenweek vir o.18-spanne sal vanjaar vir die 50ste keer van 8 tot 13 Julie gehou word met Polokwane as die gasheer.
Vanjaar se o.18 jaargroep was in 2011 op die Grant Khomo-week in aksie. Oostelike Provinsie was dié nie-amptelike kampioen na hy Suid-Westelike Distrikte 34-12 in die hoofwedstryd verslaan het. Verlede jaar het dié twee gunstelinge om mekaar in die hoofwedstryd van die Cravenweek te pak die Blou Bulle en Westelike Provinsie mekaar ook reeds op die tweede dag in die hoofwedstryd mekaar die stryd aangesê. Dit het dalk tyd geword vir SA Rugby om die stelsel waarvolgens hulle dié bepalings uitwerk te heroorweeg.
Die Blou Bulle wat verlede jaar die nie-amptelike kampioen was, sal op die eerste dag van vanjaar se toernooi teen KwaZulu-Natal te staan kom. Die wenspan van dié kragmeting sal waarskynlik teen die wenner van die kragmeting tussen die Westelike Provinsie en die Pumas in sy tweede wedstryd in Polokwane te staan kom.
Die Ligbloues, die Streeptruie, die Pumas en Suid-Westelike Distrikte is van die spanne wat verwag word dat hulle onder die voorste spanne op die week sal wees. Die Pumas se twee grootste voederspanne HTS Middelburg en Hoërskool Nelspruit het mekaar in die NuPower/Tuks-reeks se eindstryd die stryd aangesê. Die Rooi Bulle is nog onoorwonne vanjaar.
SWD se twee vernaamste voederspanne Hoërskool Outeniqua en Oakdale Landbou was elk nog net een keer aan die verloorkant vanjaar. Die Kwaggas teen Paarl Gimnasium en die boere van Riversdal teen Grey-kollege onderskeidelik.
Die wenner van die wedstryd op die tweede dag tussen Vrystaat en Oostelike Provinsie behoort op die vierde dag teen die wenner van die stryd tussen SWD en die Leeus te staan te kom.
Die gasheer, die Limpopo Blou Bulle speel op die eerste dag in die hoofwedstryd teen Boland.
Bepalings vir die toernooi:
8 Julie – 09:20: Griekwaland-Wes t. Zimbabwe; 10:40: Grens t. Namibië; 12:00: Westelike Provinsie t. Pumas; 13:20: Blou Bulle t. KwaZulu-Natal; 15:40: Limpopo Blou Bulle t. Boland. 9 Julie – 10:10: Oostelike Provinsie-platteland t. Luiperds; 11:30: Griekwa-platteland t. Grens-platteland; 12:50: Valke t. Griffons; 14:10: Leeus t. Suid-Westelike Distrikte; 15:30: Oostelike Provinsie t. Vrystaat.