SuperSport Schools News

Amper al die rolspelers vir vanjaar se Virsekerbeker vir Grootskole bekend

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-06-27

31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

NewsGBenVorsterAmper al die rolspelers vir vanjaar se Virsekerbeker vir Grootskole is bekend.

Dit is slegs in die Leeus en die Valke se eindstryde waar daar nog spanne uitgeskakel moet word.

In die Leeus se eindstryd sal Linden en Dinamika van Alberton teen mekaar sake uitspook. Dinamika het vir ‘n verrassing in die Leeus se halfeindstryd gesorg deur Hoërskool Alberton met 5-0 te klop. Die verdedigende kampioen van die Virsekerbeker vir Grootskole, Helpmekaar-kollege, dring regstreeks tot die uitspeelrondes as die Leeus se naaswenner deur.

Helpmekaar sal op die Luiperds se kampioen in die uitspeelronde van die Virsekerbeker wag. Potchefstroom Gimnasium het sy plek in die eindstryd bespreek deur Wesvalia met 57-33 op Mooivallei kaf te draf. Hy sal teen Lichtenburg in die Luiperds se eindstryd te staan kom na laasgenoemde vir die Hoërskool Klerksdorp met 55-35 kaf gedraf het.

In die Valke was daar ook ‘n verrassing in die halfeindronde met Dr. Malan wat die bordjies met 20-14 teen Vereeniging Gimnasium verhang het. In die ander halfeindstryd het Driehoek vir Hans Moore met 46-44 in ‘n opwindende wedstryd verslaan.

Slegs die wenner van die eindstryd tussen Driehoek en Dr. Malan sal tot die Virsekerbeker se uitspeelrondes deurdring. Transvalia is reeds seker van sy plek in die uitspeelrondes van die streekkompetisie.

Transvalia sal op die naaswenner van die Blou Bulle in die uitspeelronde wag. Die Blou Bulle se eindstryd sal tussen Oos-Moot en die Hoërskool Tuine beslis word. Oos-Moot sal as die volslae gunsteling op die veld draf.

Ermelo het self vir ‘n verrassing gesorg deur Piet Retief in die halfeindronde van die Pumas naelskraaps met 26-25 uit te skakel.

Secunda het verlede jaar se kampioen, Ligbron Akademie, met 32-29 in die ander halfeindstryd geklop. Die senter Guyle le Roux het ‘n die wendrie vir Secunda gaan druk na speeltyd reeds verstreke was.

Ben Vorster en Frikkie Meyer sal soos verwag mekaar in die Limpopo-eindstryd die stryd aansê. Frikkie Meyer het vir die Hoërskool Pietersburg met 32-14 in die halfeindronde uitgeskakel. Ben Vorster was met 42-12 te sterk vir Ellisras in die ander halfeindstryd. Die Vossies se flank, Franco Oberholzer, het ‘n driekuns aan drieë behaal.

Blou BulleGoue LeeusLimpopoLuiperdsPumasValke
Oos-MootHelpmekaarBen VorsterLichtenburgSecundaTransvalia
TuineLinden/DinamikaFrikkie MeyerPotch GimmiesErmeloDr. Malan/Driehoek
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.