SuperSport Schools Plus

Al die uitslae Noord van die Vaal – 28 Mei 2016

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-05-30

NewsG MonnasDie Hoërskool Pietersburg het Saterdag ’n klinkende sege van 40-29 oor die Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen in die Grootskole-afdeling van Limpopo behaal.

Pieties se heelagter, Morné Venter, was met die skopskoen sy span se groot held. Hy het 20 punte via vier doelskoppe en vier strafdoele aangeteken.

* Potchefstroom Volkskool se eerste rugbyspan sal vandag so bietjie breër bors as die afgelope vyf jaar rondloop.

Volkies het in hulle ENB Classic Clash teen Potchefstroom Gimnasium op die Fanie du Toit-veld ’n naelskraapse sege van 18-17 behaal en só ’n droogte van vyf jaar te verbreek.

Volkies se senter Henri Cam­pher het ongeveer vyf minute oor in die kragmeting vir die tweede keer die doellyn oorgesteek om die droogte te verbreek. Volkies was laas in 2011 met 38-17 baas.

Gimmies het teen rustyd met 17-13 voorgeloop. Die span se binnesenter, Edrich Cronjé, was verantwoordelik vir al sy span se punte deur twee verdoelde drieë en ’n strafdoel.

In die ander wedstryd in die Luiperds se grootskole-liga het Wesvalia ’n houvas van 20 jaar verbreek deur die Hoërskool Klerksdorp met 38-19 die loef af te steek. Die span se senter, Justin Basson, was uitmuntend in dié geskiedkundige sege. Hy het ’n driekuns aan drieë behaal en ook al vyf sy span se drieë verdoel en ook met ’n strafdoel geslaag vir ’n bydrae van 28 punte tot die oorwinning.

* EG Jansen het op sy tuisveld in Boksburg met ’n oortuigende sege van 71-20 oor die Hoërskool Rustenburg dit duidelik gemaak dat hy vanjaar ’n sterk aanspraakmaker sal wees op die titel as kampioen van die Virseker-Beeldtrofee vir makroskole.

Die span van Boksburg se losskakel, Ruben Beytell, wat reeds vanjaar 24 keer die doellyn oorgesteek het, was nie in aksie nie. Rustenburg het soms goeie rugby gespeel, maar kon net nie al sy kanse benut nie. EG se skrumskakel, Ginter Smuts, het 31 punte aangeteken deur drie keer die doellyn oor te steek asook om met agt doelskoppe te slaag.

Die wenspan se vaskopstut, André van der Merwe, het twee prag-drieë gedruk. Hy het met albei drieë ongeveer 50 meter genael om oor te val.

Monument het nie veel probleme op sy tuisveld in Krugersdorp ondervind om Kempton Park met 36-3 die loef af te steek nie. Die span se agtsteman, PJ Jacobs, het twee van sy span se ses drieë gedruk.

In die Classic Clash tussen Florida en Marais Viljoen het Florries die bordjies verhang deur met 17-15 as oorwinnaars van die veld te stap. Marais Viljoen van Alberton het verlede jaar die eerste keer in ses jaar daarin geslaag om Florida in die jaarlikse kragmeting te verslaan.

* In die Pumas se grootskole-afdeling sal Secunda teen Piet Retief te staan kom in die kwarteindronde. Secunda het Saterdag vir Generaal Hertzog van Witbank met 38-10 verslaan. Steyn van der Heever het ’n driekuns aan drieë vir die wenspan behaal.

Piet Retief was self op sy stukke deur Volksrust met 50-17 te verslaan. Ligbron en Rob Ferreira sal mekaar ook in die kwarteindronde ontmoet, terwyl Hoogenhout en HTS Witbank ook sake sal uitspook om ’n plek in die halfeindronde. In die ander kwarteindstryd sal die hoërskole Ermelo en Lydenburg mekaar pak.

* In die grootskole-liga van die Valke het Hugenote van Springs vir ’n opskudding gesorg deur Transvalia van Vanderbijlpark met 26-23 te troef.

Vereeniging Gimnasium is die gunsteling om die Beeldtrofee as die Valke se voorste span te betree. Hy het Heidelberg Volkskool met 35-10 kafgedraf.

Puntemakers:

BLOU BULLE

MAKROSKOLE

Garsfontein 39 – Drieë: Ryno Pieterse (2), Embrose Papier, Shaun Williams, Bees Ferreira, Lincoln Daniels, Hendré Eloff. Doelskoppe: Austin Davids (2). Menlopark 24 – Drieë: Ruhan Straeuli, Gerald Lowe, Brian Bouwer, Damian van der Bank. Doelskop: Straeuli.

Eldoraigne 55 – Drieë: Riaan Vorster (2), Delwyn Engelbrecht, Reinhardt Heymans, Mornay Smit, Kabous Pelser, Stephan Marais, Riaan Burger. Doelskoppe: Burger (5). Montana 10 – Drie: Ettienne Beukes. Doelskop: Steven van Niekerk. Strafdoel: Van Niekerk.

Centurion 10 (3) – Drie: Ryan Rabie. Doelskop: Paul Roos. Strafdoel: Roos. Zwartkop 10 (3) – Drie: Christo Power. Doelskop: Miche Groenewald. Stradoel: Groenewald.

Wonderboom 54 – Drieë: Arend Oosthuizen (2), Gert Swart (2), Ruan Nortjé, Hugo Meyer, Johan van Staden, Lee-Urtis Luke. Doelskoppe: Henry Nell (7). HTS John Vorster 3 – Strafdoel: Juan Wolmarans.

Ander spanne:

o.16: Menlopark 10, Garsfontein 10; Montana 34, Eldoraigne 10; Centurion 24, Zwartkop 7; Wonderboom 23, HTS John Vorster 5.

o.15: Menlopark 27, Garsfontein 22; Zwartkop 19, Centurion 7; HTS John Vorster 19, Wonderboom 7; Montana 20, Eldoraigne 16.

o.14: Menlopark 10, Garsfontein 5; Zwartkop 68, Centurion 0; Wonderboom 12, HTS John Vorster 7; Eldoraigne 31, Montana 19.

GROOTSKOLE

Oos-Moot 62 – Drieë: Conrad van Deventer (2), Emile Bester (2), Armand Krugel (2), Dandré Nolte, Tiaan de Lange, Johan Marais, Armand Marais. Doelskoppe: Edmund Ludick (6). Pretoria-Noord 0.

Midstream College 15 – Drieë: Reinhardt Smit, Devon-Ross Mourao. Doelskop: Heinrich Botha. Strafdoel: Botha. Die Wilgers 19.

Hoërskool Tuine 13 – Drie: Louis du Preez. Doelskop: Pieter Voges. Strafdoele: Voges (2). Wagpos 8.

Ander spanne:

Eerstespanne: Overkruin 51, HTS Tuine 0.

o.16: HTS Tuine 34, Overkruin 12; Midstream College 21, Die Wilgers 19; Oos-Moot 34, Pretoria-Noord 0; Wagpos 44, Tuine 0.

o.15: Overkruin 57, HTS Tuine 0; Midstream College 55, Die Wilgers 0; Oos-Moot 19, Pretoria-Noord 12; Wagpos 40, Tuine 10.

o.14: Overkruin 41, HTS Tuine 7; Midstream College 48, Die Wilgers 0; Oos-Moot 19, Pretoria-Noord 7; Tuine 12, Wagpos 12.

MEDIUMSKOLE

Gerrit Maritz 14 – Drie: Jean Botha. Strafdoele: Arno Killian (2). Skepdoel: Killian. Pretoria THS 12 – Drieë: Junior Mulaudsi, Thabiso Mbatha. Doelskop: Keanu Duraan.

Ander spanne:

Eerstespanne: Curro Hazeldean 41, Uitsig 34.

o.16: Curro Hazeldean 22, Uitsig 12.

o.15: Pretoria THS 31, Gerrit Maritz 26.

o.14: Pretoria THS 55, Gerrit Maritz 0; Curro Hazeldean 18, Uitsig 12.

KLEINSKOLE

Eerstespanne: Maragon Olympus 24, Curro Roodeplaat 18.

VRIENDSKAPLIK

Affies 52 (24) – Drieë: Louritz van der Schyff (2), Marnus Potgieter (2), Schalk Erasmus, Christian Strydom, Henk Pretorius. Doelskoppe: Ruan de Swardt (7). Strafdoel: De Swardt. Jeppe High School for Boys’ 32 (20) – Drieë: Tyrone Green, Moemisie Mosheledi, Hacjivah Dayimane. Doelskoppe: Wandisile Simelane (3). Strafdoele: Simelane (2).

Southdowns College 50 – Drieë: Hluma Zondani (2), Themba Manglati (2), Mdu Nkosi (2), Sihle Sobekwa (2), Emidio Cuna. Doelskoppe: Justin Visagie (5). Herronbridge 7.

Ander spanne:

Eerstespanne: Parktown Boys’ High 18, Pretoria Boys’ High 15; King Edward VII 22, St. Alban’s College 5

o.16: Jeppe 36, Affies 19; Waterkloof 15, Affies 10.

o.15: Affies 34, Jeppe 24; Affies 12, Waterkloof 0.

o.14: Affies 15, Jeppe 7; Affies 15, Waterkloof 15. 

GOUE LEEUS

MAKROSKOLE

Monument 36 – Drieë: PJ Jacobs (2), Nathan McBeth, Kevin le Roux, Tinus Combrinck, Strafdrie. Doelskoppe: Jonty Algera (3). Kempton Park 3 – Strafdoel: Francois Erasmus.

Marais Viljoen 15 – Drieë: Arno Kotze, Jacques van Wyngaardt, Clayton Vos. Florida 17.

Ander spanne:

o.16: Monument 32, Kempton Park 3.

o.15: Monument 24, Kempton Park 8.

o.14: Monument 17, Kempton Park 0.

GROOTSKOLE

Hoërskool Alberton 17 – Drieë: Jonathan Potgieter (2), Caltino Jones. Doelskop: Jones. Jan Viljoen 13.

Linden 40 (21) – Drieë: Dwayne Vorster (2), Divan Steenkamp, Tommy van Staden, Wian de Lange, Zarco Killian. Doelskoppe: Devaux Bakkes (5). Riebeeckrand 14 (0).

Ander spanne:

o.16: Alberton 52, Jan Viljoen 5; Linden 48, Riebeeckrand 10.

o.15: Jan Viljoen 37, Alberton 7; Linden 24, Riebeeckrand 5.

o.14: Alberton 19, Jan Viljoen 9; Linden 17, Riebeeckrand 0.

MEDIUMSKOLE

Bekker 17 – Drieë: JG Knoetze, Elton Walters. Doelskoppe: Ewald Oberholzer (2). Strafdoel: Oberholzer. Trinityhouse 14.

Ander spanne:

Eerstespanne: Fochville 24, Trinityhouse 7.

o.16: Trinityhouse 18, Bekker 7; Fochville 29, Trinityhouse 15.

o.15: Bekker 29, Trinityhouse 13; Fochville 22, Trinityhouse 10.

o.14: Bekker 26, Trinityhouse 10; Fochville 58, Trinityhouse 7.

VRIENDSKAPLIK

Helpmekaar 36 (19) – Drieë: Chris Pieterse (2), Jeremy Randall, Ruan Viviers, Chuiner van Rooyen, Keagan Hamman. Doelskoppe: Van Rooyen (3). Waterkloof 20 (13) – Drieë: Duhann Gunther, Gerrit Visser. Doelskoppe: Ulrich Maritz (2). Strafdoele: Maritz (2).

Ander spanne:

o.16: Waterkloof 33, Helpmekaar 18.

o.15: Helpmekaar 19, Waterkloof 10.

o.14: Helpmekaar 34, Waterkloof 7.

LIMPOPO

GROOTSKOLE

Hoërskool Pietersburg 40 – Drieë: JV Coertze, Henk van Zyl, Francois de Beer, Miguel de Sousa. Doelskoppe: Morné Venter (4). Strafdoele: Venter (4). Ben Vorster 29 – Drieë: Stefan Engelbrecht, Welmar Pieterse, JJ Anker, Danny Mokhoabane, Tumi Monoyane. Doelskoppe: André Klopper, Mokhoabane.

HTS Tom Naudé 12 – Drieë: Gert Reynecke, Johan Potgieter. Doelskop: Benhardt Gouws. Frikkie Meyer 22.

Ander spanne:

o.16: Ben Vorster 36, Pietersburg 0; Frikkie Meyer 33, Tom Naudé 3.

o.15: Pietersburg 37, Ben Vorster 7; Frikkie Meyer 66, Tom Naudé 0.

o.14: Ben Vorster 40, Pietersburg 7; Frikkie Meyer 44, Tom Naudé 0.

MEDIUMSKOLE

Ben Viljoen 8 – Drie: Wynand du Preez. Strafdoel: Gideon Visser. Hans Strijdom 7 – Drie: Ruben Brown. Doelskop: André du Plessis.

Piet Potgieter 52 – Drieë: Marnus Uys (2), Corrie Botma, Lourens Kruger (2),Werner Ezterhuizen, Abrie van der Merwe, JD Vorster. Doelskoppe: Waldo Kruger(5), Uys. Ellisras 7.

Ander spanne:

o.16: Piet Potgieter 17, Ellisras 16; Hans Strijdom 18, Ben Viljoen 10.

o.15: Piet Potgieter 29, Ellisras 0; Ben Viljoen 29, Hans Strijdom 10.

o.14: Ellisras 3, Piet Potgieter 0;Hans Strijdom 19, Ben Viljoen 0.

VRIENDSKAPLIK

Frans du Toit 55 – Drieë: D Hlungwane (2), Johandré van der Sandt (2), Wian Schoeman, Zerwick Victor. Doelskoppe: Hlungwane (2). Van der Sandt, Schoeman. Louis Trichardt 19.

Ander spanne:

o.16: Louis Trichardt 22, Frans du Toit 0.

o.15: Louis Trichardt 25, Frans du Toit 0.

o.14: Frans du Toit 15, Louis Trichardt 12.

LUIPERDS

GROOTSKOLE

Potchefstroom Volkskool 18 (13) – Drieë: Henri Campher (2). Doelskop: Hanru van Rooyen. Strafdoele: Van Rooyen (2). Potchefstroom Gimnasium 17 (17) – Drieë: Edrich Cronjé (2). Doelskoppe: Cronjé (2). Strafdoel: Cronjé.

Wesvalia 38 (14) – Drieë: Justin Basson (3), Johan Smit, Marno Jooste. Doelskoppe: Basson (5). Strafdoel: Basson. Hoërskool Klerksdorp 19 (6) – Drieë: Anker Pretorius, Fanie Maree. Strafdoele: JW Nortjé (3).

Ander spanne:

o.16: Potch Volkies 17, Potch Gimmies 14; Wesvalia 18, Klerksdorp 5.

o.15: Potch Volkies 38, Potch Gimmies 12; Klerksdorp 24, Wesvalia 0.

o.14: Potch Gimmies 39, Potch Volkies 0; Wesvalia 14, Klerksdorp 12.

MEDIUMSKOLE

) Hartbeespoort 19 – Drie: Estienne van der Berg. Doelskop: Daniel Duncan. Strafdoele: Duncan (4). Hoërskool Brits 18.

Ander spanne:

o.16: Brits 20, Hartbeespoort 7.

o.15: Brits 33, Hartbeespoort 7.

o.14: Hartbeespoort 19, Brits 7.

MIDDELSKOLE

Schweizer-Reneke 60 – Drieë: WP Einkamerer (3), Dane van den Berg, Tshepiso Mokwatsi (2), Marco Botha, Hercu Strydom, Pieter van Zyl. Doelskoppe: Eugene van Rensburg (5). HTS Rustenburg 0.

Ander spanne:

o.16: Schweizer-Reneke 17, HTS Rustenburg 0.

o.15: Schweizer-Reneke 38, HTS Rustenburg 7.

PUMAS

MAKROSKOLE

Hoërskool Nelspruit 23 – Drieë: Nico de Kock, SP Muller, Jaco Joubert. Doelskop: Francois Esselen. Strafdoele: Esselen, Stephan van der Bank. Hoërskool Middelburg 10 – Drie: Wandile Shabangu. Doelskop: Morné Sonnekus. Strafdoel: Sonnekus.

Ander spanne:

o.16: Nelspruit 15, Middelburg 12.

o.15: Nelspruit 27, Middelburg 5.

o.14: Middelburg 7, Nelspruit 0.

GROOTSKOLE

Lydenburg 37 – Drieë: Duncan van Vuuren (2), Brady Theron, Jeandré Combrinck, Roelof Oelofse. Doelskoppe: Theron (3). Strafdoele: Theron (2). Bergvlam 17.

Rob Ferreira 20 – Drie: Boeta Botha. Strafdoele: Waldo van Tonder (5). HTS Witbank 36.

Piet Retief 50 (19) – Drieë: Bongumenzi Dlamini (2), Lindelani Makhanya, Thabiso Mbatha, Steve Scheepers, Herman Schlebusch, Tsakane Mothololoe, James Fourie. Doelskoppe: Simon Terblanché (4), Scheepers. Volksrust 17 (0) – Drieë: Alwande Sangweni, Donnie Griffiths, Themba Thabete. Doelskop: Michael Vos.

Ermelo 19 – Drieë: Vusi Mkhonza, Arno Oosthuizen. Strafdoele: Ruan Grobler (3). Ligbron 14 – Drieë: Markus Mostert, Thabiso Mkhwebane. Doelskoppe: Gert Cronjé (2).

Secunda 38 – Drieë: Steyn van der Heever (3), Danny Morgan, Hancu Nel, Stephan Erasmus. Doelskoppe: Steven Steyn (3), Larnus Steyn. Generaal Hertzog 10.

Ander spanne:

Eerstespanne: Hoogenhout 41, Standerton 15.

o.16: Lydenburg 20, Bergvlam 5; HTS Witbank 37, Rob Ferreira 21; Piet Retief 19, Volksrust 16; Standerton 48, Hoogenhout 0; Ligbron 52, Ermelo 0; Generaal Hertzog 12, Secunda 5.

o.15: Lydenburg 43, Bergvlam 0; HTS Witbank 7, Rob Ferreira 5; Piet Retief 43, Volksrust 0; Standerton 29, Hoogenhout 5; Ligbron 28, Ermelo 11; Piet Retief 43, Volksrust 0; Secunda 20, Generaal Hertzog 12.

o.14: Lydenburg 28, Bergvlam 7; Rob Ferreira 41, HTS Witbank 15; Piet Retief 29, Volksrust 0; Standerton 53, Hoogenhout 10; Ermelo 19, Ligbron 8; Piet Retief 29, Volksrust 0; Secunda 17, Generaal Hertzog 7.

MEDIUMSKOLE

Penryn College 36 – Drieë: Ernest Mthethwa (2), Hadrick Coertze (2), Ya Ya Ngutshane. Doelskoppe: Mthethwa (4). Strafdoel: Mthethwa. Uplands College 17.

Ander spanne:

o.16: Penryn College 16, Uplands College 8.

o.15: Uplands College 10, Penryn College 0.

o.14: Penryn College 31, Uplands College 0.

KLEINSKOLE

Morgenzon Landbou 88 – Drieë: Ricky du Toit (3), Conrad van der Schyff (3), Kyle Coetzee (2), Wimpie Oosthuizen (2), Dehan Saaiman (2), Andries Erasmus, Xander Wehmeyer. Doelskoppe: Saaiman (8), Du Toit. Curro Bakenfeld 7.

Ander spanne:

Eerstespanne: Carolina 12, Belfast 12.

o.16: Carolina 30, Belfast 15; Kanonkop 22, Lowveld High 0.

o.15: Kanonokop 17, Lowveld High 10.

o.14: Kanonkop 41, Lowveld High 10.

VALKE

MAKROSKOLE

EG Jansen 71 (24) – Drieë: Ginter Smuts (3), André van der Merwe (2), Lee-Irven Anderies (2), Reinhard Venter, Rehann Baumann, Henry Pike, Dwayne Fourie. Doelskoppe: Smuts (8). Hoërskool Rustenburg 20 (13) – Drieë: André Bezuidenhout, Nathan Jordan. Doelskoppe: Gerhard Fourie (2). Strafdoele: Fourie (2).

Ander spanne:

o.16: EG Jansen 31, Rustenburg 5.

o.15: EG Jansen 34, Rustenburg 12.

o.14: EG Jansen 28, Rustenburg 12.

GROOTSKOLE

Vereeniging Gimnasium 35 – Drieë: DW Briers, Mark Treurnicht, Lourens de Jager, Rico Klopper. Doelskoppe: Jan Labushagné (3). Strafdoele: Labuschagné (3). Heidelberg Volkskool 10.

Dr. Malan 43 – Drieë: Eben Fourie, Pieter van Vuuren, Simphiwe Yika, Stefan Visagie, Ruan van Tonder. Doelskoppe: Van Vuuren (3). Strafdoele: Van Vuuren (4). Benoni High 18 – Drieë: Hamish Dibden, Brandon Harwood. Doelskop: Joshua McCallum. Strafdoele: McCallum (2).

Hugenote (Springs) 26 – Drieë: Rando Bergh, Romano Naudé, Emele Jacobs. Doelskop: Bennie Lottering. Strafdoele: Lottering (3). Transvalia 23 – Drieë: Kruan Saunders, Mpho Ntsane, André de Jager. Doelskop: Xander van der Walt. Strafdoele: JP Pieterse (2).

Hans Moore 3 – Strafdoel: Juistin Brink. Driehoek 31.

Ander spanne:

o.16: Hans Moore 31, Driehoek 14; Transvalia 52, Hugenote 0; Dr. Malan Benoni High 5.

o.15: Hans Moore 41, Driehoek 11; Dr. Malan 12, Benoni High 0; Transvalia 48, Hugenote 5.

o.14: Hans Moore 32, Driehoek 7; Dr. Malan 37, Benoni High 14; Transvalia 12, Hugenote 10.

MEDIUMSKOLE

Stoffberg 19 – Drieë: Okkie Jacobsohn, Arnoux Venter, Quintin Scheepers. Doelskoppe: Gerhard du Preez (2). John Vorster (Nigel) 15 – Drieë: Jarico van Niekerk, Dwayne Rossouw. Doelskop: Ian Badenhorst. Strafdoel: Badenhorst.

Ander spanne:

o.16: Stoffberg 43, John Vorster 10.

o.15: John Vorster 15, Stoffberg 12.

o.14: Stoffberg 14, John Vorster 7.

MIDDELSKOLE

Ander spanne:

o.16: Die Anker 44, Drie Riviere 24.

VRIENDSKAPLIK

HTS Sasolburg 20 – Drieë: Tebello Thulo, Thato Mofokeng, Cheslyn Jafta. Doelskop: Naigan Wolmarans. Strafdoel: Wolmarans. Hoërskool Sasolburg 10.

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.