Al die Tuks-reeks uitslae van 10 Maart 2018
Dit was so hittete of die verdedigende kampioen van die Tuks-rugbyreeks, Monument van Krugersdorp, het reeds in sy eerste wedstryd van vanjaar se reeks op sy neus gekyk.
Monnas het met 31-elk gelykop teen Transvalia hier op laasgenoemde se tuisveld gespeel. Die Wit Bulle sal nie tevrede met hul vertoning voel nie.
Transvalia se agttal het nie ‘n tree vir die besoekers se gedugte agttal terug gestaan nie. Dit was veral die flank Nicky Nicholenas wat deurentyd sy lyf op die spel vir ‘n sege gesit het.
Monnas se kaptein en SA Skole-haker, Morné Brandon, het twee keer die doellyn oorgesteek. Sy tweede drie vanaf ‘n rolmaal slegs sewe minute voor die eindfluitjie het aan sy span ‘n voorsprong van 31-24 gegee.
Transvalia se regtervleuel, Damian Jordan, het met sy tweede drie met minder as twee minute se speeltyd oor die telling op 31-29 in Monnas se guns tot stand gebring. Die tuisspan se losskakel, Zian de Jager, het verdoel om sake gelyk te trek. De Jager het goed vertoon en ook ‘n flink skepskop oorgeklits.
Transvalia se vleuel Uli Wiese het gevaarlik gelyk elke keer wat hy bal in die hand gekry het.
Monnas se flank Franco Schutte en vleuel Ruben Barnard kan ook tevrede met hul vertonings voel.
Garsfontein het op sy tuisveld in Pretoria amper te vroeg sy voet van die vet afgehaal. Garsies het die Rooi Bulle van HTS Middelburg met 47-40 geklop.
Die tuisspan het ‘n voorsprong van 47-19 geniet toe HTS Middelburg tot slegs 14 spelers ingeperk is na albei sy hakers in sy 23-tal die veld weens beserings moet verlaat.
Die Rooi Bulle was egter aangevuur en het ‘n terugvegpoging van stapel gestuur. Garsies se skrumskakel, Jurich Claassen, was uitmuntend. Hy het drie keer HTS Middelburg se doellyn oorgesteek waarvan twee van dié drieë danksy sy individuele briljantheid was.
EG Jansen van Boksburg sal ook tevrede met sy oorwinning van 40-15 oor Hoërskool Nelspruit in die reeks voel. Menlopark moes harder as verwag werk om Hoërskool Rustenburg met 32-28 te troef.
Puntemakers:
Transvalia 31 (14) – Driee: Damian Jordan (2), Divan Meyer, Christiaan Burger. Doelskop: Zian de Jager. Strafdoele: De Jager (2). Skepdoel: De Jager. Monument 31 (7) – Driee: Morne Brandon (2), Ruben Barnard, Izan Esterhuizen, Tristan Dullisear. Doelskoppe: Dean Lategan (3).
Garsfontein 47 (30) – Driee: Jurich Claassen (3), Johandre Buitendag (2), Campwill Willemse. Doelskoppe: Willemse (3), Martin Austin. Strafdoele: Austin (2), Willemse. HTS Middelburg 40 (14) – Driee: Adriaan van Staden (2), JP de Beer, Kayle Schuster, Jeandre Odendaal, Quinton Cloete. Doelskoppe: Ricky Schoneveldt (5).
EG Jansen 40 (7) – Driee: Terrence Goliath (2), Tylon Kotze (2), Brandon Becker, Dylan Schwartz. Doelskoppe: Orelio Philander (5). Hoerskool Nelspruit 15 (8) – Driee: Banele Mkhabela, Jason . Doelskop: Timothy Townsend. Strafdoel: Townsend.
Kempton Park 19 () – Driee: Brenton Theron, Marcel Theunissen, Brendon Spannenberg. Doelskoppe: Ruben Fullard (2). Hoerskool Pietersburg 14 () – Driee: Ruan van Tonder, Francois Koekemoer. Doelskoppe: Zander de Ridder (2).
Menlopark 32 (22) – Driee: Bernard van der Linde (2), Divan Venter, Kenan Wessels, Nsuku Baloyi, Enrique Steffen. Doelskop: Heinrich Boshoff. Hoerskool Rustenburg 29 (14).
Ander spanne:
o.16: Monument 24, Transvalia 10; Garsfontein 26, HTS Middelburg 9; EG Jansen 38, Nelspruit 12; Kempton Park 49, Pietersburg 5; Menlopark 50, Rustenburg 15.
o.15: Monument 26, Transvalia 7; HTS Middelburg 21, Garsfontein 7; EG Jansen 28, Nelspruit 12; Pietersburg 29, Kempton Park 5; Menlopark 28, Rustenburg 7.
o.14: Transvalia 7, Monument 3; Garsfontein 16, HTS Middelburg 10; EG Jansen 34, Nelspruit 0; Pietersburg 22, Kempton Park 8; Menlopark 36, Rustenburg 10.
- Athletics Rankings 2026 | Girls u19 - 2026-02-05
- Athletics Rankings 2026 | Girls u17 - 2026-02-05
- Athletics Rankings 2026 | Boys u17 - 2026-02-05




