SuperSport Schools Plus

Al die rolspelers vir die Kovsiestreek-kompetisie na Saterdag bekend

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-08-12

Kovsie-logo

 

AL die rolspelers vir die sewende Kovsiestreek-kompetisie se onderskeie ligas sal na Saterdag se onderskeie Griffon- en Vrystaatse-liga eindstryde bekend wees.

In die Shimla-liga (vir mediumskole) gaan Noord-Kaap vanjaar harder as in die verlede moet werk indien hy vir die vyfde agtereenvolgende jaar met die kroon as sentrale streek-kampioen wil wegstap. Noord-Kaap sal op 24 Augustus die gasheer op GWK-park vir die naaswenner van die Griffon-liga in vernaamste voorwedstryd vir die Curriebeker-kragmeting tussen Griekwas en die Westelike Provinsie in die halfeindstryd van die Shimla-liga pak.

Die eindstryd van die Griffons sal Saterdag in die Noordwes-stadion tussen Voortrekker van Bethlehem en Hentie Cilliers van Virginia bepaal word. Henties het verlede jaar teen Northerns in die eindstryd vasgeval.

Die Trekkers is die vroeë gunstelinge om as kampioen gekroon te word. Die kampioen van die Griffon-liga sal teen die Vrystaatse A1-liga kampioen in die ander halfeindstryd kragte meet. Geen span van die Vrystaat kon nog sedert die onstaan van die kompetisie in 2007 daarin slaag om die kroon in die Shimla-liga te dra nie. Louis Botha en Jim Fouché sê mekaar in die Vrystaatse A1-liga se eindstryd die stryd aan. Louis Botha is die vroeë gunsteling.

Louis Botha is onoorwonne in die Vrystaatse liga en die span behoort ook goeie rekenskap van homself in die streekkompetisie te gee.

Louis Botha was in 2008 kampioen van die Irawa-liga (vir kleinskole). Hy het hierna na die Vrystaatse A1-liga opgeskuif. Die span het in 2009 in die halfeindstryd van die Shimla-liga teen Hentie Cilliers die knie gebuig.

Noord-Kaap het die afgelope paar jaar die Shimla-liga oorheers. Die span het egter vanjaar nie baie wedstryde gespeel nie. Dit kan of in sy guns tel of dalk teen hom tel. Die span het teen Hoërskool Outeniqua 23-36 Saterdag vasgeval. Die Kwaggas van George is egter een van die voorste spanne vanjaar in die land.

Die span van George het egter sonder sy vier SA Skole-spelers in die wedstryd ingegaan. Northerns se indrukwekkendste vertoning vanjaar was sover sy oorwinning oor Waterkloof van Pretoria.

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.