Al die Noordvaal Uitslae van 14 Maart 2015
Die Hoërskool Eldoraigne se rugbyspan het vir die grootste opskudding in Saterdag se skolewedstryde gesorg toe hy die HTS Middelburg in die Tuks-reeks in Pretoria met 22-14 getroef het.
Die tuisspan het die skrums met sy twee voorrymanne, Nathan Prinsloo en Morné Smith, aan die spits oorheers. Die Rooi Bulle het ook in die lynstane nie die mas opgekom nie. Prinsloo het boonop in die vastelos gewys dat hy ook weet hoe om te systap en die besoekers ook in hierdie afdeling probleme besorg.
Brendan Heymans, Eldos se kaptein en agtsteman, het sy troepe van voor gelei. Hy moes die veld egter op ’n draagbaar verlaat ná ’n harde duikslag in die tweede helfte. Die Rooi Bulle se beste speler was hul kantman JC Pretorius. Hy het sy span se eerste drie gedruk nadat hy vanuit sy eie halfgebied deurgebreek het om te gaan afrond.
Agterlangs verdien die wenspan se senterpaar, Awie Smal en Maartin du Toit, elk ook ’n klop op die skouer.
Monument het Centurion op die Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp met 52-10 verslaan. Die tuisspan het in die tweede helfte na ’n hoër rat oorgeskakel nadat hy met die omdraaislag ’n voorsprong van 19-0 gehad het.
Vir die Wit Bulle was Zander Kruger, hul losskakel, uitstekend. Sy balverspreiding was van hoogstaande gehalte en hy het ook goeie oordeel met sy besluitneming getoon. Die span se kantman Bakkies Potgieter het voorlangs met sy rotsvaste verdediging uitgetroon. Hy was op die aanval ook meer as ’n handvol.
Wilrico Gadney, die Hoërskool Pietersburg se linkervleuel, het drie keer in sy span se gemaklike sege van 52-12 oor Florida agter die doellyn gaan kuier. Die Pieties se losskakel, Morné Venter, het 17 punte met ’n drie en ses doelskoppe bygedra.
Garsfontein se losskakel, JP Wegner, het 20 punte tot sy span se sege van 55-8 oor Marais Viljoen bygedra. Die span se flank en kaptein, Jaco Bezuidenhout, was egter sy span se beste speler op die dag. Die heelagter, Austin Davids, en skrumskakel, Ambrose Papier, het ook blink vertonings gelewer. Bezuidenhout is goed voorlangs deur die haker, Armand Roets, bygestaan.
EG Jansen het in ’n opwindende wedstryd op sy tuisveld in Boksburg 15 drieë teen Transvalia ingeryg. Die kragmeting het 133 punte in 70 minute opgelewer. Die tuisspan het met 95-38 as oorwinnaar van die veld gestap. Sy losskakel, Xander Crause, het vir die tweede agtereenvolgende week ’n driekuns aan drieë behaal. Sy skakelmaat, Ginter Smuts, het 21 punte teen Transvalia aangeteken. Hy het ’n drie gedruk en ook met agt doelskoppe geslaag.
Nelspruit se Rhinos het hul aanslag in die reeks met ’n sege van 32-13 oor Vereeniging Gimnasium begin. Kempton Park het Saterdag ook hul aanslag met ’n oorwinning van 35-12 oor Ermelo begin.
Puntemakers:
TUKS-REEKS
Eldoraigne 22 (15) – Drieë: Christiaan Claassen, Maartin du Toit, Nathan Prinsloo. Doelskoppe: Tryston van Schalkwyk (2). Strafdoel: Van Schalkwyk. HTS Middelburg 14 (7) – Drieë: JC Pretorius, Eric Basson. Doelskoppe: Brandon Parr-Bailey (2).
Monument 52 (19) – Drieë: Arno van der Westhuizen (2), Ruan Vermaak, Zander Kruger, Franco Tiedt, Len Massyn, Bakkies Potgieter, Justin Brandon. Doelskoppe: Kruger (4), Stian Joubert (2). Centurion 10 (0).
EG Jansen 95 – Drieë: Xander Crause (3), Hendré Stassen (2), Edwin Jansen (2), Franklin Wagner (2), Nico Peyper, Dandré Brand, Dylan van der Walt, Warren Brits, Quinton Beaton, Ginter Smuts. Doelskoppe: Smuts (8), Jacques Joubert (2). Transvalia 38.
Garsfontein 55 (29) – Drieë: Shakeel Fredericks (2), JP Wegner, Jaco Bezuidenhout, Austin Davids, Abner van Reenen, Ambrose Papier, Emilio Adams. Doelskoppe: Wegner (6). Strafdoel: Wegner. Marais Viljoen 8 (0).
Hoërskool Klerksdorp 43 – Drieë: Donovan Ivens (3), JW Nortjé, Phillip Barlow-Jones, Willem Swanepoel, Anker Pretorius. Doelskoppe: Maghiel le Roux (4). Hoërskool Rustenburg 12.
Kempton Park 35 (13) – Drieë: Pieter Prinsloo (2), Francois Erasmus, Johan Marais, Marnus Liebenberg. Doelskoppe: Divan de Beer (2). Strafdoele: De Beer, Mauritz Snyman. Ermelo 12 (5) – Drieë: Connie van Niekerk, Pieter Bekker. Doelskop: Leon Visser.
Nelspruit Rhinos 32 – Drieë: Jaco Joubert (2), Eduan Engelbrecht, Marnus van der Merwe, Coenie Kruger. Doelskoppe: Wessel Muller (2). Strafdoel: Muller. Vereeniging Gimnasium 13 – Drie: Arno Grundelingh. Doelskop: Dylan Schoeman. Strafdoele: Schoeman (2).
Hoërskool Pietersburg 52 – Drieë: Wilrico Gadney (3), Floyd Ledwaba (2), Morné Venter, Jan-Barend Meyer, Tyrone Thompson. Doelskoppe: Venter (6). Florida 12.
Ander spanne:
o.16: Eldoraigne 22, HTS Middelburg 20; Rustenburg 31, Klerksdorp 22; Kempton Park 51, Ermelo 6; EG Jansen 36, Transvalia 20; Monument 76, Centurion 0; Florida 15, Pietersburg 14; Marais Viljoen 23, Garsfontein 22; Vereeniging Gimnasium 20, Nelspruit 17.
o.15: HTS Middelburg 10, Eldoraigne 5; Rustenburg 51, Klerksdorp 0; Kempton Park 41, Ermelo 0; EG Jansen 17, Transvalia 14; Monument 55, Centurion 0; Florida 57, Pietersburg 7; Garsfontein 43, Marais Viljoen 0; Nelspruit 34, Vereeniging Gimnasium 3.
o.14: HTS Middelburg 36, Eldoraigne 0; Klerksdorp 41, Rustenburg 0; Kempton Park 55, Ermelo 7; Transvalia 18, EG Jansen 12; Monument 48, Centurion 0; Pietersburg 15, Florida 10; Garsfontein 29, Marais Viljoen 6; Nelspruit 49, Vereeniging Gimnasium 0.
PUKKE16-REEKS
Vryburg 105 – Drieë: Joe van Huysteen (5), Rico Markram (4), B.F. van Staden (3), Gert Jonker, JP Esterhuizen, Jonan van den Berg, Adolf Reyneke. Doelskoppe: BF van Staden (10). Wolmaransstad 0.
Schweizer-Reneke 22 – Drieë: Dané van den Berg, Rudi Kotze, Hercu Strydom. Doelskoppe: Eugene van Rensburg (2). Strafdoel: Van Rensburg. Schoonspruit 7.
Bekker 35 – Drieë: Bennie Prinsloo (2), Dirk Erlank (2), Herman Roesch, Andy Bok, Ruvo du Preez. Doelskoppe: Ewald Oberholzer (4), Prinsloo. Alberton High 3.
Volksrust 37 – Drieë: Hendrico Nel (4), Henro Odendaal, Alwande Sangweni. Doelskoppe: SW van Wyk (2). Strafdoel: Van Wyk. Ferrum 28.
Eerstespanne: Pionier 34, Piet Retief 22; Fochville 34, Overvaal 10; Delmas 19, Pretoria-Noord 13.
Ander spanne:
o.16: Vryburg 67, Wolmaransstad 10; Schweizer-Reneke 45, Schoonspruit 10; Piet Retief 17, Pionier 5; Overvaal 34, Fochville 6; Pretoria-Noord 29, Delmas 13; Bekker 15, Alberton High 10.
o.15: Vryburg 26, Wolmaransstad 0; Schoonspruit 49, Schweizer-Reneke 7; Piet Retief 13, Pionier 3; Fochville 41, Overvaal 0; Pretoria-Noord 29, Delmas 0; Alberton High 12, Bekker 5.
o.14: Wolmaransstad 19, Vryburg 0; Schweizer-Reneke 12, Schoonspruit 7; Pionier 24, Piet Retief 23; Fochville 17, Overvaal 14; Pretoria-Noord 43, Delmas 7; Bekker 36, Alberton High 0.
SUPER-REEKS
Secunda 39 – Drieë: Righ Potgieter, Stephan Kruger, Jacobus Beyleveldt, Christiaan Naudé, Hanco Nel. Doelskoppe: Potgieter (4). Strafdoele: Potgieter (2). Die Wilgers 17.
Brandwag (Benoni) 43 – Drieë: Janco Fourie (2), Martin Steyn (2), Armin Wessels, Duncan Prinsloo, Shipo Sifundza. Doelskoppe: Steyn (3), Izak Veldman. John Vorster 3.
Eerstespanne: Dinamika 26, Jan Viljoen 10; Southdowns College 26, Wagpos 20; Tuine 57, Gerrit Maritz 5; Bergsig 14, Ligbron 10.
Ander spanne:
o.16: Jan Viljoen 26, Dinamika 12; Secunda 13, Die Wilgers 10; Southdowns 7, Wagpos 5; Tuine 53, Gerrit Maritz 3; Brandwag 55, John Vorster 0; Ligbron 24, Bergsig 0.
o.15: Jan Viljoen 7, Dinamika 5; Secunda 29, Die Wilgers 7; Wagpos 35, Southdowns 12; Tuine 21, Gerrit Maritz 17; Brandwag 14, John Vorster 5; Ligbron 41, Bergsig 0.
o.14: Jan Viljoen 24, Dinamika 15; Secunda 43, Die Wilgers 5; Wagpos 32, Southdowns 12; Gerrit Maritz 31, Tuine 12; Brandwag 44, John Vorster 0; Ligbron 12, Bergsig 5.
NWU VAAL-REEKS
Linden 19 – Drieë: Ryan Johst, Morné van der Berg, Dillon van Tonder. Doelskoppe: Kyle Lues. Dr. Malan 3 – Strafdoel: Pieter van Vuuren.
Standerton 31 – Drieë: Mfundo Ndlovu (3), Ruben Hohls. Doelskop: AJ Potgieter (4). Strafdoel: JP de Klerk. Randburg 27.
Eerste spanne: Hoërskool Alberton 25, Hans Moore 5; Heidelberg Volkskool 29, Brits 10; Benoni High 45, AHS Sasolburg 7; Elspark 40, Hartbeespoort 7; Riebeeckrand 20, President 14.
o.16: Dr. Malan 27, Linden 0; Randburg 22, Standerton 6; Riebeeckrand 26, President 0; Brits 27, Heidelberg Volkies 11; Benoni 24, AHS Sasolburg 0; Alberton 38, Hans Moore 10; Hartbeespoort 34, Elspark 5.
o.15: Linden 22, Dr. Malan 0; Standerton 34, Randburg 12; Riebeeckrand 29, President 7; Heidelberg Volkies 31, Brits 0; Benoni 22, AHS Sasolburg 21; Alberton 22, Hans Moore 10; Hartbeespoort 10, Elspark 5.
o.14: Dr. Malan 53, Linden 0; Randburg 38, Standerton 15; Riebeeckrand 43, President 0; Heidelberg Volkskool 12, Brits 10; Benoni 27, AHS Sasolburg 5; Hans Moore 19, Alberton 12; Hartbeespoort 26, Elspark 5.
ANDER
Hoërskool Middelburg 75 – Drieë: Ruben Roodt (3), Siyabonga Khaliswayo (2), Fana Ngwenya (2), Cyprian Nkomo, Barend Ditle, Wandile Shabangu, Jadrich van der Merwe. Doelskoppe: Chris Hanekom (10). Driehoek 5.
Waterkloof 48 (22) – Drieë: Chergin Fillies (3), Stedman Gans (3), Runan Venter, Eduard Pretorius. Doelskoppe: Quintin Bayards (4). Sentraal 5 (0) – Drie: Strafdrie.
Potchefstroom Gimnasium 65 – Drieë: Veltie van der Merwe (2), Werner Venter (2), Gwampie van der Berg (2), Gideon Botha (2), Heinrich Siepker, Gerhard Steenekamp, Jacques Jacobs. Doelskoppe: Cassie Dreyer (4), PC le Roux. Oosterlig 3 – Strafdoel: Werner Coetzee.
Potchefstroom Volkskool 62 – Drieë: Renier Barnard (3), Michael Tolmay (2), FC de Beer, Marco Diederiks, Johan Clower, Roché van Aarde. Doelskoppe: Jandré Dreyer (7). Strafdoel: Dreyer. Hoogenhout 25 – Drieë: Ashley Mathula (2), Janco Swart, Shaun Jacobs. Doelskop: Mathula. Strafdoel: Jacques Rocher.
Die Anker 20 – Drieë: JJ Keyser, Reinhardt Theron. Doelskoppe: Frikkie Pottas (2). Strafdoele: Pottas (2). HTS Witbank 3.
Oos-Moot 38 – Drieë: Tiaan de Lange (3), Frikkie Deysel, Terrance Kingsburgh, FC Claassen. Doelskoppe: Ronald van der Weteren (3), JP Alberts. Frikkie Meyer 13 – Drie: Francois Buys. Doelskop: JB de Beer. Strafdoele: De Beer (2).
Helpmekaar 48 – Drieë: Chuinier van Rooyen (2), Keagan Haman (2), Justin Taylor (2), Zandré Kruger, Divan Minnaar. Doelskoppe: Taylor (4). St. John’s College 7.
Eerste spanne: Zwartkop 12, Bastion 10; Hugenote 32, Wesvalia 7; Ben Vorster 35, Montana 29; Generaal Hertzog 28, Piet Potgieter 25; Lichtenburg 27, Jeugland 14; Overkruin 32, Hans Strijdom 10; Christiana 55, Mafikeng 3; Curro Heuwelkruin 33, Northern Academy 21; Nylstroom 20, Louis Trichardt 17; Wonderboom 23, Noordheuwel 3; Ben Viljoen 45, Lydenburg 10; Merensky 26, Ellisras 15; HTS John Vorster 64, Tom Naudé 0.
Ander spanne:
o.16: Helpmekaar 66, St. John-kollege 0; Zwartkop 25, Bastion 0; Wesvalia 11, Hugenote 7; Ben Vorster 52, Montana 0; Piet Potgieter 27, Generaal Hertzog 7; Lichtenburg 64, Jeugland 10; Middelburg 34, Driehoek 8; Hans Strijdom 38, Overkruin 3; Hoogenhout 37, Potch Volkies 15; Oosterlig 15, Potch Gimmies 7; Oos-Moot 54, Frikkie Meyer 13; Nylstroom 21, Louis Trichardt 17; Noordheuwel 10, Wonderboom 3; Ben Viljoen 8, Lydenburg 5; Ellisras 29, Merensky 12; Waterkloof 40, Sentraal 3; Tom Naudé 32, HTS John Vorster 26.
o.15: Helpmekaar 14, St. John-kollege 0; Zwartkop 64, Bastion 0; Wesvalia 13, Hugenote 7; Ben Vorster 17, Montana 17; Generaal Hertzog 20, Piet Potgieter 7; Lichtenburg 48, Jeugland 0; Middelburg 66, Driehoek 8; Hans Strijdom 17, Overkruin 5; Potch Volkies 41, Hoogenhout 0; Potch Gimmies 24, Oosterlig 10; Curro Heuwelkruin 27, Northern Academy 12; Frikkie Meyer 10, Oos-Moot 0; Nylstroom 5, Louis Trichardt 5; Noordheuwel 53, Wonderboom 0; Lydenburg 12, Ben Viljoen 10; Ellisras 21, Merensky 10; Waterkloof 50, Sentraal 0; HTS John Vorster 24, Tom Naudé 0.
o.14: Helpmekaar 21, St. John-kollege 7; Zwartkop 34, Bastion 7; Wesvalia 19, Hugenote 17; Ben Vorster 26, Montana 3; Generaal Hertzog 15, Piet Potgieter 7; Jeugland 27, Lichtenburg 12; Middelburg 36, Driehoek 15; Overkruin 19, Hans Strijdom 0; Potch Volkies 41, Hoogenhout 7; Potch Gimmies 41, Oosterlig 0; Oos-Moot 24, Frikkie Meyer 22; Nylstroom 25, Louis Trichardt 5; Noordheuwel 61, Wonderboom 7; Ben Viljoen 36, Lydenburg 10; Ellisras 15, Merensky 10; Waterkloof 81, Sentraal 0; Tom Naudé 10, HTS John Vorster 5.
- Athletics Rankings 2026 | Girls u19 - 2026-02-05
- Athletics Rankings 2026 | Girls u17 - 2026-02-05
- Athletics Rankings 2026 | Boys u17 - 2026-02-05




