Al die Noordvaal Uitslae – 7 Mei 2016
Dit is nie aldag wat die gunsteling van ’n liga in sy eerste wedstryd in dié liga op sy eie tuisveld sy rieme styfloop nie.
Die Hoërskool Lichtenburg was na sy oortuigende verowering van die Pukke se Prestige-reeks die gunsteling om as kampioen van die Luiperds se Grootskole-liga gekroon te word. Potchefstroom Gimnasium het hom Saterdag in Lichtenburg naelskraaps met 31-30 verras.
Lichtenburg het twee weke gelede vir Noordheuwel met 37-3 in die eindstryd van die Prestige-reeks oorrompel.
Gimmies se helde was sy senter GJ Janse van Rensburg en agtsteman, Jaco Schoeman.
In die ander wedstryd in dié liga moes Potchefstroom Volkskool hard werk om Wesvalia met 15-10 te troef.
Is daar ’n meer opwindende heelagter noord van die Vaalrivier op skolevlak as Helpmekaar se Chuiner van Rooyen?
Van Rooyen was uitstaande in sy span se merkwaardige sege van 44-25 in Tzaneen oor Ben Vorster. Van Rooyen het 29 van sy span se punte in die kragmeting aangeteken.
Hy het ’n driekuns aan drieë behaal waarvan hy vir een van dié drieë ongeveer 80 meter feitlik deur die hele span van Ben Vorster genael het. Hy het met die skopskoen ook vier doelskoppe en twee strafdoele oorgeklits.
Die Virseker Beeldtrofee vir Grootskole beloof om vanjaar een van die taaistes in jare te wees.
As daar een span is wat meer bekommerd as die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria oor sy nederlaag van 29-53 teen Grey-kollege is, dan is dit King Edward VII.
Affies sal gewis hul wonde lek na hulle vir die eerste keer in die skool se eerstespan se geskiedenis 50 punte in ’n wedstryd afgestaan het. Die span van die Jakarandastad tel ondanks die nederlaag steeds onder die voorste skolespanne in die land vanjaar.
Hy sal dus in sy volgende wedstryd teen KES van sy verlore aansien wil herwin. Affies het verlede jaar se kragmeting tussen die twee spanne met 92-0 gewen. Daar word nie verniet in KES se geledere van ’n siekte met die naam van Affielitus gedurende dié tydperk van die jaar gepraat nie.
Na die wedstryd teen Grey kan die stut Cabous Eloff, vleuel Christian Strydom en die losskakel, Ruan de Swardt, hul koppe omhoog hou.
KES se buitesenter, Kennedy Mpeku, was het ’n driekuns aan drieë in sy span se gelykop uitslag van 32-elk teen Maritzburg College gedruk. Mpeku en sy broer, Leon, is die twee spelers wat vroeër vanjaar Parktown Boys’ High vir KES verruil het. Kennedy het na ’n drie deur die plaasvervanger-skrumskakel, James Gerber, met speeltyd reeds verstreke die doelskop verbrou wat aan sy span ’n roemryke sege sou besorg.
BLOU BULLE
MAKROSKOLE
Zwartkop 26 – Drieë: Henco Venter (2), Ivan Smit, Rudan de Lange. Doelskoppe: Miche Groenewald (3). Wonderboom 21 – Drieë: Adriaan Oberholzer, Luke Lee-Urtis. Doelskop: Henry Nell. Strafdoele: Nell (3).
Montana 18 – Drieë: Ettienne Beukes, Aiden Herbst, Jarrod Ferreira. Strafdoel: Irmele Meyer. HTS John Vorster 19.
Ander spanne:
o.16: Zwartkop 26, Wonderboom 16; Montana 84, HTS John Vorster 3.
o.15: Zwartkop 47, Wonderboom 14; HTS John Vorster 19, Montana 7.
o.14: Zwartkop 57, Wonderboom 0; Montana 58, HTS John Vorster 0.
GROOTSKOLE
Oos-Moot 35 – Drieë: Conrad van Deventer (3), Gert Nel, Burger Sandenberg. Doelskoppe: Eddie Ludick (2). Strafdoele: Ludick (2). Overkruin 14.
Hoërskool Tuine 66 – Drieë: Stephan Gouws (3), Louis du Preez (2), Christiaan Westerveld, Hendrico Snyman, Marcelle Corneelsen, Gert Strydom. Doelskoppe: Pieter Voges (8). HTS Tuine 0.
Midstream College 40 – Drieë: Divan van Wyk (2), Drikus Greyling, Dehan Reynders, Heinrich Botha. Doelskoppe: Botha (3). Strafdoele: Botha (3). Pretoria-Noord 27.
Ander spanne:
o.16: Oos-Moot 70, Overkruin 5; HTS Tuine 36, Tuine 0; Pretoria-Noord 33, Midstream College 24.
o.15: Oos-Moot 12, Overkruin 5; Tuine 33, HTS Tuine 0; Midstream College 26, Pretoria-Noord 18.
o.14: Oos-Moot 15, Overkruin 7; Tuine 15, HTS Tuine 7; Pretoria-Noord 14, Midstream College 5.
MEDIUMSKOLE
Pretoria THS 17 – Drieë: Keanu Duraan, Xabiso Mtumtum, Anderson Lebani. Doelskop: Duraan. Uitsig 0.
Curro Hazeldean 60 – Drieë: Rohan Breytenbach (6), Phillip Nel (2), Reynard Beukes (2). Doelskoppe: Ahren Smith (5). Akasia 21.
Ander spanne:
o.16: Curro Hazeldean 12, Akasia 12.
o.15: Akasia 31, Curro Hazeldean 12.
o.14: Curro Hazeldean 49, Akasia 7.
VRIENDSKAPLIK
Grey-kollege 53 (29) – Drieë: Marnus Boshoff (2), Rewan Kruger, Henk Cilliers, Jaco van Tonder, Janco van Heyningen, Rikus Pretorius. Doelskoppe: Pretorius (6). Strafdoel: Pretorius (2). Affies 29 (17) – Drie: Schalk Erasmus, Ruan de Swardt, Christian Strydom, Louritz van der Schyff. Doelskoppe: De Swardt (3). Strafdoel: De Swardt.
Waterkloof 32 – Drieë: Renaldo Dorfling, Ruan Allers, Sean du Plooy, Giovan Snyman. Doelskoppe: Ulrich Maritz (3). Strafdoele: Maritz (2). Noordheuwel 25 – Drieë: Ruvan Olivier, Heinrich Peche, JC Fensham. Doelskoppe: Fensham (2). Strafdoele: Fensham (2).
Ander spanne:
o.16: Waterkloof 38, Noordheuwel 7; Grey-kollege 15, Affies 6.
o.15: Waterkloof 12, Noordheuwel 5; Grey-kollege 31, Affies 13.
o.14: Noordheuwel 16, Waterkloof 13; Grey-kollege 17, Affies 8.
GOUE LEEUS
GROOTSKOLE
Hoërskool Alberton 17 – Drieë: Caltino Jones, Jimmy Dadswell, Ruan Muller. Doelskop: Jones. Linden 14 – Drie: Tyron Erasmus. Stradoele: Devaux Bakkes (3).
Ander spanne:
o.16: Linden 15, Alberton 12.
o.15: Alberton 31, Linden 22.
o.14: Alberton 29, Linden 8.
LIMPOPO
VRIENDSKAPLIK
Jeppe High School for Boys’ 45 – Drieë: Momisie Mosheledi (2), Hacjivah Dayimane, Mangaliso Ntimba, Cameron Burke, Beast Ramodibe, Duncan Teverdon. Doelskoppe: Wandisile Simelane (5). Westville Boys’ High 14.
King Edward VII 32 (10) – Drieë: Kennedy Mpeku (3), Keagan Glade, James Gerber. Doelskoppe: Marc Morrisen, Mpeku. Strafdoel: Mpeku. Maritzburg College 32 (15) – Drieë: Matthew Diedericks, Andile Khanyile, Matthew King, Ayanda Duma. Doelskoppe: Ruben van Blerk (3). Strafdoele: De Klerk (2).
Helpmekaar 44 – Drieë: Chuiner van Rooyen (3), David Cary, Keagan Hamman, Ruhan Viviers. Doelskoppe: Van Rooyen (4). Strafdoele: Van Rooyen (2). Ben Vorster 25 – Drieë: Johan Buitendag, Muzi Nyakane, Ruben Koekemoer. Doelskop: Jonathan Viljoen (2). Strafdoe: Viljoen. Skepdoel: Viljoen.
Ander spanne:
o.16: Ben Vorster 39, Helpmekaar 12.
o.15: Helpmekaar 33, Ben Vorster 7.
o.14: Ben Vorster 14, Helpmekaar 13.
VRIENDSKAPLIK
Hans Strijdom 17 (12) – Drieë: JD Faassen, Marco Benadé, Ruben Brown. Doelskop: André du Plessis. Frikkie Meyer 28 (13).
Merensky 48 – Drieë: Clifford Sekgobela (3), Dylan Herrendoerfer (2), Richard Coleman, Wynand Scholtz, Armand Steyn. Doelskoppe: Scholtz (2), Masedi Manamela (2). Eric Louw 9.
Ben Viljoen 21 – Drieë: Wynand du Preez, Phil Joubert, Vincent Roos. Doelskoppe: Gideon Visser (3). Ellisras 0.
Piet Potgieter 37 – Drieë: Marnus Uys, Raymond Botha, Zander Barnard, Corrie Bothma, Luandro Canguiro. Doelskoppe: Uys (2), Waldo Kruger. Nysltroom 15.
Ander spanne:
Eerstespanne: Frans du Toit 43, Warmbad 20.
o.16: Merensky 79, Eric Louw 0; Frikkie Meyer 26, Hans Strijdom 0; Frans du Toit 34, Warmbad 0; Piet Potgieter 52, Nylstroom 7; Ben Viljoen 24, Ellisras 10.
o.15: Merensky 36, Eric Louw 0; Frikkie Meyer 39, Hans Strijdom 0; Frans du Toit 33, Warmbad 5; Piet Potgieter 52, Nylstroom 7; Ben Viljoen 34, Ellisras 14.
o.14: Merensky 53, Eric Louw 0; Frikkie Meyer 48, Hans Strijdom 7; Piet Potgieter 27, Nylstroom 5; Ellisras 74, Ben Viljoen 0.
LUIPERDS
GROOTSKOLE
Potchefstroom Gimnasium 31 (7) – Drieë: Bradley Wood, Chris Steyn, Morné Marais, Christoff Muller. Doelskoppe: Marco van den Heever (3), Eddie Schoeman. Strafdoel: Van den Heever. Lichtenburg 30 (6) – Drieë: Henk Venter (2), Henco Nel, Anthony Keen. Doelskoppe: Bertru Jones (2). Strafdoele: Janco Schickerling (2).
Potchefstroom Volkskool 15 – Drieë: Gideon Steyn, Lukie Pieterse. Doelskop: Hardus Pretorius. Strafdoel: Pretorius. Wesvalia 10 – Drieë: Edwin Schoeman, Johan Smit.
Ander spanne:
o.16: Potch Gimmies 41, Lichtenburg 10; Potch Volkies 61, Wesvalia 0.
o.15: Lichtenburg 27, Potch Gimmies 0; Potch Volkies 19, Wesvalia 12.
o.14: Potch Gimmies 48, Lichtenburg 0; Wesvalia 49, Potch Volkies 14.
MEDIUMSKOLE
Vryburg 47 – Drieë: Johan Pelser (2), Jonan van den Berg (2), Hermi Potgieter, RA Pretorius, Francois Pelser. Doelskoppe: Johan Pelser (6). Schoonspruit 13.
Ander spanne:
o.16: Schoonspruit 12, Vryburg 7.
o.15: Schoonspruit 5, Vryburg 0.
o.14: Vryburg 40, Vryburg 5.
MIDDELSKOLE
Zeerust 54 – Drieë: Andries Knoetze (2), SP Vermaak (2), Panatshego Mashabe, Michael Taljaard, Casper Fick, Hansie Nortjé. Doelskoppe: Karel Loots (7). Wolmaransstad 3 – Strafdoel: Fanus Pieterse.
Schweizer-Reneke 23 – Drieë: Marco Botha, WP Einkamerer. Doelskoppe: Eugene van Rensburg (2). Strafdoele: Van Rensburg (3). Grenswag 7 – Drie: Francois Roux. Doelskop: Pieter van Staden.
Ander spanne:
o.16: Zeerust 45, Wolmaransstad 0.
o.15: Schweizer-Reneke 15, Grenswag 0; Wolmaransstad 25, Zeerust 0.
o.14: Zeerust 22, Wolmaransstad 21.
VRIENDSKAPLIK
Hoërskool Brits 73 – Drieë: Adriaan Veldsman (2), TJ Joubert (2), Riaan Scheepers, Ruan Janse van Rensburg, Francois Oberholzer, Armand du Toit, Anlo du Plooy, Ian Coetzee. Doelskoppe: PW Venter (5). Strafdoel: Venter. Matlosana Akademie 20 – Drieë: Mpho Masoang (2), Yamkela Nyembe. Doelskop: Nyembe. Strafdoel: Nyembe.
Ander spanne:
o.16: Brits 24, Matlosana 5.
o.15: Brits 73, Matlosana 0.
PUMAS
GROOTSKOLE
Standerton 20 – Drieë: AJ Potgieter, Reynard Swart. Doelskoppe: Potgieter (2). Strafdoele: Potgieter (2). Volksrust 5 – Drie: André Truter.
Lydenburg 35 – Drieë: Duncan van Vuuren (2), Conference Mokoena, Roelof Oelofse, Zandré Volschenk. Doelskoppe: Brady Theron (2). Strafdoele: Theron (2). Rob Ferreira 16.
Piet Retief 22 – Drieë: Bongumenzi Dlamini (2), Sibusiso Madonsela. Doelskoppe: Simon Terblanché (2). Strafdoel: Terblanché. Ermelo 19 – Drie: Marius Klopper. Doelskop: Ruan Grobler. Strafdoele: Grobler (4).
Secunda 10 – Drieë: Hancu Nel, Willie Pretorius. HTS Witbank 10 – Drie: Themba Nkabanda. Doelskop: Johan Badenhorst. Strafdoel: Andrew McDermaid.
Bergvlam 31 – Drieë: Tristan Louw (2), Junior Kotze, Nskosana Mfamado, Pieter Klopper. Doelskoppe: Igne Ferreira (3). Generaal Hertzog 14.
Ander spanne:
o.16: Standerton 126, Volksrust 0; Lydenburg 15, Rob Ferreira 0; Piet Retief 21, Ermelo 19; Secunda 41, HTS Witbank 24.
o.15: Standerton 40, Volksrust 7; Lydenburg 17, Rob Ferreira 5; Ermelo 14, Piet Retief 7; Secunda 43, HTS Witbank 0.
o.14: Standerton 27, Volksrust 19; Rob Ferreira 52, Lydenburg 3; Piet Retief 26, Ermelo 10; Secunda 12, HTS Witbank 11.
MEDIUMSKOLE
Penryn College 62 – Drieë: Ernst Mthethwa (2), Wethu Shongwe (2), Hadrick Coertze (2), Bonga Sithole (2), Ya Ya Ngutshane, Albert Hechter. Doelskoppe: Mthethwa (5), Coertze. Oosterland 5.
Barberton 17 – Drieë: Sephesihle Mkawane, Johnothan Afonso. Doelskoppe: Charl Stapel (2). Strafdoel: Stapel. Sybrand van Niekerk 15.
Ander spanne:
o.16: Oosterland 15, Penryn College 12; Generaal Hertzog 24, Bergvlam 5.
o.15: Oosterland 45, Penryn College 0; Generaal Hertzog 55, Bergvlam 0.
o.14: Oosterland 40, Penryn College 0; Bergvlam 27, Generaal Hertzog 12.
VALKE
GROOTSKOLE
Transvalia 22 – Drieë: Elrich Louw, Christiaan Coetzee. Strafdoele: JP Pieterse (4). Vereeniging Gimnasium 11 – Drie: Pieter Swanepoel. Strafdoel: Dylan Schoeman. Skepdoel: Schoeman.
Dr. Malan 36 – Drieë: Armand Smal (2), Ruan van Tonder (2), Divan Swart. Doelskoppe: Pieter van Vuuren (4). Strafdoel: Van Vuuren. Hans Moore 17 – Drieë: Ruan Beck, Juan Steenkamp. Doelskoppe: Justin Brink (2). Strafdoel: Brink.
Oosterlig 10 – Drieë: Kyle Els, Tiaan Pelser. Heidelberg Volkskool 24.
Ander spanne:
o.16: Transvalia 36, Vereeniging Gimnasium 14; Hans Moore 13, Dr. Malan 5; Heidelberg Volkskool 25, Oosterlig 20.
o.15: Transvalia 56, Vereeniging Gimnasium 0; Dr. Malan 17, Hans Moore 12; Oosterlig 29, Heidelberg Volkskool 14.
o.14: Transvalia 33, Vereeniging Gimnasium 5; Hans Moore 19, Dr. Malan 0; Heidelberg Volkskool 41, Oosterlig 0.
MEDIUMSKOLE
Brandwag (Benoni) 14 – Drieë: Martin Steyn (2). Doelskoppe: Steyn (2). Stoffberg 12 – Drieë: Damien Flemix, Morné Potgieter. Doelskop: Gerhard du Preez.
Benoni High 31 – Drieë: Kyle Newman (2), Hamish Dibden, Brandon Harwood, Kyle Lettering. Doelskoppe: Josh McCallum (3). Birchleigh 17.
John Vorster (Nigel) 23 – Drieë: Jarico van Niekerk (2), Ricardo Labuschagne, Luther Baadjies. Strafdoel: Ruben Fouché. Elspark 24.
Ander spanne:
o.16: Stoffberg 12, Brandwag 10; Overvaal 29, HTS Sasolburg 29; Elspark 22, John Vorster 9.
o.15: Brandwag 41, Stoffberg 21; Overvaal 63, HTS Sasolburg 6; John Vorster 19, Elspark 0.
o.14: Brandwag 5, Stoffberg 5; Overvaal 29, HTS Sasolburg 5; John Vorster 59, Elspark 7.
MIDDELSKOLE
Voortrekker (Boksburg) 29 – Drieë: Lethabo Motsumi, Thabang Manoko, Lumkile Kiliko, Mfana Shabalala. Doelskoppe: Kelebogile Lemotlo (3). Strafdoel: Lemotlo. HTS Springs 3.
Ander spanne:
o.15: Voortrekker 22, HTS Springs 0.




