SuperSport Schools Plus

Affies steeds onoorwonne teen Diamonds

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2024-03-11 Tags: ,

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies) het hul segetog voortgesit deur Hoërskool Diamantveld vir die tweede agtereenvolgende jaar op Diamonds se sportdag in Kimberley te klop.

Affies het verlede jaar oortuigend met ‘n telling van 37-15 geseëvier.

In die afgelope naweek se kragmeting met Diamonds, het Affies in die eerste kwart met 11-4 voorgeloop en mooi momentum behou om die tweede kwart met ‘n telling van 20-10 af te sluit.

Die derde kwart was heelwat meer mededingend, met albei spanne wat elk nege doele aangeteken het, maar Affies het hul voorsprong met 29-19 behou.

In die laaste kwart het Affies weer beheer oorgeneem om ‘n oorwinning van 35-25 te verseker.

Affies het ook in hul ander drie wedstryde by die sportdag as oorwinnaars uit die stryd getree, deur vir Hoërskool Duineveld (37-26), Hoërskool Upington (40-12) en Eunice High School (80-43) te verslaan.

Diamonds, daarenteen, het gemengde resultate behaal, deur met 16-16 gelykop te speel teen Eunice, maar te verloor teen Upington (21-26) en Duineveld (26-31).

 

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.