SuperSport Schools Plus

Affies se Prestige-netbaltoernooi trek 17 skole 

By Charne van der Merwe , in Netball | Featured Netball | News , at 2024-03-21 Tags:

NewsGAffiesNetbalDie Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies) is slaggereed om hul langverwagte Prestige-netbaltoernooi aan te bied, van 25 tot 27 Maart.
Met nie minder nie as 17 skole wat vanjaar deelneem, is die tafel gedek vir ‘n opwindende vertoning van talent en sportmangees.
Volgens Maggie du Plessis, Affies se direkteur van netbal en koördineerder van die toernooi, skryf skole hulself vrywillig in vir die gesogte toernooi.
 “Om die Prestige-netbaltoernooi vir ‘n 10de jaar aan te bied, is uiters opwindend,” sê Du Plessis, “vernaam met die deurlopende tradisie van uitnemendheid wat met die geleentheid geassosieer word.
“Sommige skole is al ‘n dekade lank gereelde deelnemers, wat bydra tot die geleentheid se nalatenskap van mededing en kameraadskap.”
Die toernooi dien as ‘n ideale platform vir skole om hul spanne te verfyn en talent te assesseer op die vooraand van die liga-seisoen.
Du Plessis beklemtoon die belangrikheid daarvan om spelers se werklading te bestuur ten einde beserings te voorkom, met ‘n gestruktureerde formaat wat die aantal wedstryde, wat deur elke span gespeel word, beperk.
Affies se eerste netbalspan het in 2023 met die louere weggestap, wat die kaliber van kompetisie by die toernooi beklemtoon.
Du Plessis sien die geleentheid nie bloot as ‘n geleentheid vir spanne om hul vaardighede ten toon te stel nie, maar ook as ‘n manier om spangees en kameraadskap te bevorder deur uitdagende wedstryde en gedeelde ervarings.
“Ons is opgewonde om die deelnemende skole te verwelkom vir nog ‘n toernooi van hoë-gehalte kompetisie,” voeg sy by.
Die toernooi se se aansienlike omvang is duidelik, met 320 wedstryde wat oor 45 rondes geskeduleer is, en ‘n jaarlikse gehoor van 600 tot 800 toeskouers lok. Agter die skerms maak die toernooi staat op die toewyding van 180 beamptes en 65 skeidsregters, wat die gladde verloop van verrigtinge verseker.
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.