Affies dra weer Wildeklawer-kroon na vyf jaar

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies) het Maandag met die louere as kampioene van die Absa Wildeklawer-netbaltoernooi weggestap.
Hoewel Affies Saterdag 27-22 teen Paarl Girls’ High, die verdedigende kampioene van 2022 verloor het, het hul hul beste vertoning vir laaste gelos en die Paarliete 23-16 in die finaal geklop.
Sake het baie gelykop verloop in die eerste twee kwarte van die wedstryd, maar teen die derde kwart het Affies momentum gekry en gerieflik 16-12 na die derde kwart voorgeloop.
Affies het in geen stadium die voet van die versneller gelig nie en hoewel Paarl Girls’ High hard terugbaklei het, kon die span net eenvoudig nie die tempo volhou en slegs vier punte in die laaste kwart op die telbord sit.
Die twee doele van Affies, Carla Prinsloo en Izelle Grabe, was doelgerig en gefoks en hulle was goed ingestel en hul kant gebring.
Dit is egter nie die eerste keer wat Affies hierdie titel wen nie en hul is geëerd om vir die tweede keer die titel te dra nadat hulle dit in 2018 ook gewen het.
Amanda Mynhardt, Affies se afrigter, sê die wen is iets waarna hulle al lank werk en al hulle harde werk het vandag beloon.
“Om vandag te kon wen was regtig ‘n soet ervaring en ‘n reis wat tot ‘n hoogtepunt gelei het. Die span het regtig as ‘n eenheid saam gewerk en Affies het netbal uit ‘n ander klas gespeel en net weer bewys waarnatoe skole-netbal instaat is.”
Affies het gedurende die toernooi Sentraal van Bloemfontein (32-10), La Rochelle (25-18) en die gasheer, Diamantveld (33-4) maklik geklop voor hulle Garsfontein (27-8) pak gegee het. Hulle het gelykop teen Rustenburg (26-26) gespeel en Saterdag teen Paarl Girls’ High verloor
Kayla Dames van Paarl Girls’ High is vir haar puik spel beloon as speler van die toernooi terwyl Karla Victor van Oranje Meisieskool die toekoenning as beste senterspeler, Anke Nortje as beste doelspeler en Amia Roux as beste verdedigende speler ontvang het.
Daar was wel rede vir Paarl Girls’ High om te glimlag nadat hul o.16’s in die eindstyd teen Affies gewen het.
Uitslae:
Affies 23, Hoër Meisieskool Paarl 16; Menlopark 23, Hoër Meisieskool Oranje 20; Helpmekaar Kollege 23, Durbanville 20; Rustenburg 26, La Rochelle 19; Paarl Gimnasium 23, Hoër Meisieskool Bloemhof 14; Garsfontein 20, Sentraal 14; Waterkloof 32, Diamantveld 21; Affies 22, Hoër Meisieskool Oranje 21; Hoër Meisieskool Paarl 27, Menlopark 25; Durbanville 21, La Rochelle 18; Helpmekaar 22, Rustenburg 18; Paarl Gimnasium 28, Sentraal 11; Bloemhof 18, Garsfontein 14.
FINALE STAND
- Affies
- Paarl Girls High
- Menlopark
- Oranje
- Helpmekaar
- Durbanville
- Rustenbrug
- La Rochelle
- Paarl Gimnasium
- Bloemhof
- Garsfontein
- Sentraal
- Waterkloof
- Diamantveld