7 bielies en 2 buksies by Cravenweek 2014
Middelburg. – Daar is vanjaar vier spelers by die 51ste jaarlikse Cravenweek vir hoërskole wat so effens moet buk wanneer hulle by ’n vertrek instap.
Reinhard Nothnagel (Leeus), Eli Snyman (Zimbabwe), Eduard Zandberg en Adré Smith (albei Suidwestelike Distrikte) staan almal 2,01 m in hul sokkies.
Hulle is die langste spelers op vanjaar se Cravenweek-toernooi. Hulle is wel ietwat korter as R.G. Snijman van die Blou Bulle (2,05 m) wat verlede jaar in Polokwane die langste speler was.
Buiten die vier is daar net drie ander slotte wat 2 m lank is. Twee van hulle, Jaco Willemse en Ruben de Villiers, draf vir Westelike Provinsie uit. Die ander slot is die Valke se Hendré Stassen.
Willemse laat die skaal ook nog op 126 kg kreun wat hom ’n bielie in die fisieke dele van die spel maak. Dit is slegs 4 kg ligter as die swaarste speler op vanjaar se toernooi – Thabiso Khanya (130 kg), vaskopstut van die Luiperds.
Die kortste speler op die toernooi by die HTS Middelburg is Monde Zizile (1,50 m), buitesenter van Grens-platteland.
Hy is net ’n raps langer as André Share van Griekwas (1,56 m).
- Ntini the Chief Destroyer of Samoa at the ICC u19 Women’s World Cup - 2025-01-20
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16
- IEB Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-15